Gryp die dag

Christelik georiënteerd

Meer oor ons

ons skool

Die kleuterskool word volgens Christelike beginsels bedryf met Afrikaans as onderrigtaal.

Ps. 118:24 – Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

ONS FOKUS OP:

  • Gelukkige kleuters
  • Klein klassies
  • Individuele aandag om potensiaal te bereik
  • Groot- en fynmotoriese ontwikkeling
  • Emosionele en sosiale vaardighede
  • Sensoriese integrasie
  • Kreatiewe aktiwiteite
  • Leer deur speel
  • Positiewe en opbouende dissipline
  • Goeie kommunikasie met ouers
  • Spanwerk
  • Boomryke speelarea
  • Rustige omgewing
  • Plattelandse atmosfeer
img_02
  • 6:45-13:00 – Halfdag
  • 6:45-17:15 – Voldag
  • Informele program tydens April, Junie en September skoolvakansies
  • Sluit dieselfde datums as departementele skole vir Desember skoolvakansies
  • 8:00 – Gekookte pap
  • 9:30 – Broodjies en koeldrank of rooibostee
  • 11:30 – Gekookte middagete en koeldrank
  • 14:00 – Broodjies en koeldrank of rooibostee
  • 15:30 – Vrugte
  • Elke Vrydag bak en brou
  • Navorsing toon direkte verband tussen ontwikkelings-agterstande, oogprobleme, gedragsprobleme en ander uitvalle by kinders.
  • Daarom gebruik ons GEEN rekenaars, tablette of televisies by die kleuterskool nie.

Personeel moet vroegtydig in kennis gestel word indien ‘n ander persoon u kind kom afhaal.
Klerasie moet asb. DUIDELIK gemerk word.

Siektes: Hou asb u kind tuis as hy/sy braak, koors, loperige maag,’n uitslag het of eerste 48 uur van antibiotika gebruik.

Medikasie: Enige medikasie wat gedurende skoolure geneem moet word, moet op die lys aangeteken word en in die spesiale koelhouer gebêre word. Moet dit asseblief nie in u kleuter se tas los nie.

Geen speelgoed, lekkers of juweliersware word by die skool toegelaat nie.

Dit is uiters belangrik dat die skool ten alle tye met die ouers in verbinding kan tree. Verwittig ons asseblief onmiddellik van enige adres en/of telefoonveranderings.

4 Klasse:

  • 3 – 12 maande is maksimum 8 baba’s = Hasieklas
  • 1 en 2 jariges maksimum 12 peuters = Apieklas
  • 2 tot 3 jaar is maksimum 15 kleuters = Leeutjieklas
  • 4 en 5 jariges is maksimum 20 kleuters = Dinoklas
  • 10 Personeellede
  • Klaskamers beskik oor CCTV kameras
  • Hierdie kameras dien as ekstra hulpmiddel en ondersteuning vir personeel
  • Beeldmateriaal kan nie via die internet gesien word nie
  • Monkeynastics / Babynastics
  • Dramatix
  • Stimusik (musiekprogram)
  • Kiddi Kode
  • Ballet
  • Rugby
  • Netbal
  • Sportdag (gewoonlik rondom April)
  • Ouma-en-Oupadag (gewoonlik Junie/Julie)
  • Konsert (gewoonlik Oktober/November)

Aflaaibare Dokumente